Goeie dag.
Ek wil assblief heermee vra dat die brief in die plaaslike koerant geplaas word, om vir mense te wys dat daar reg en geregtigheid nog bestaan, deur die regte speur maatskappy.Ek is nou al twee kere ingedoen met my “swembad scam”, nie elke mens in die land het daardie bedrag in hulle agter sakke om net so te verloor nie. Ek kan nie glo hoe sulke “scamsters” ‘n mens ‘n myl ver kan sien nie, maar nou ja.Vanaf 2009 sukkel ek met verskeie privaat speurder maatskappye om die persone op te spoor wat my so ingedoen het, weet jy, al wat belangrik is vir hulle is die “geld” eerste, dan volg die saak, indien enige iets daarvan word.Ek het nou onlangs na ‘n klein maatskappy in Selectionpark genaamd, “SA Crime Check” gegaan en hulle genader met my saak. Die hoof van die maatskappy, Johan Homan, het my saak gehoor en dadelik, ek praat van dadelik, in daai selfde dag al begin my sy tower kunsies. Hy het die volgende dag al soveel inligting in hange gehad, ek kon dit nie glo nie. Vir hom, en dis wat ek kan aflei, is geregtigheid in Suid-Afrika belangriker as die fooie wat betaal moet word.Ek wil openbaarlik hiermee aan Johan Homan en sy span van SA Crime Check bedank vir hulle profesionele dienste.
Hou so aan, so gaan julle ver kom.
Groete
Ilse Lamprecht